Anton Botha

In sy laerskool dae het hy alreeds saam met groot name soos Coenie de Villiers, Anneli van Rooyen en Randall Wicomb opgetree.
In 2003 is Anton aangewys as een van die tien ATKV Crescendo finaliste. 
In 2008 word hy genomineer vir ‘n SAMA-toekenning vir die Beste Afrikaanse Pop Album vir Jakaranda en in dieselfde jaar word hy vereer met ‘n goue plaat vir sy bydrae tot die albums Country Kersfees en Country Konings 1,  wat albei onderskeidelik meer as 20 000 eenhede verkoop het.
Anton is in 2016 benoem as ‘n kandidaat in die kategorie vir beste Rock-album tydens die jaarlikse Ghoema-toekennings. 

As ‘n baie gewilde liedjieskrywer is sy musiek al deur verskeie van ons land se bekendste musieksterre opgeneem. Hy het onder andere vir Juanita du Plessis, Karen Ferreira, Thys die Bosveldklong, Wynand Strydom, Karlien Husselman en Izak Davel geskryf. 
Hy het al toere saam met die gewilde Robbie Wessels, Wynand Strydom en Thys die Bosveldklong gedoen en het gou in die publiek se harte ingekruip met sy see-blou oë.

Resensies van Anton se musiek is al gepubliseer in tydskrifte soos Vrouekeur, Rapport, Rapport Tydskrif en nog vele meer en hy is ook al te sien op televisie programme soos Jukebox, Kwela en DKNT2 op KykNET.  Anton se musiek kan gehoor word op talle radiostasies en hy het ook al verskeie top tien plekke behaal op treffersparades. Anton Botha is verseker hier om te bly.

“Daar is so baie nuwe genres in die plaaslike musiekmark en elke nou en dan is daar ‘n nuwe kunstenaar soos Anton Botha wat my werklik met sy musiek beïndruk.”  (Kurt Darren, Rapport Tydskrif, Bl 20, 26 November 2006)

Anton spog ook met ‘n arsenaal musiek videos wat op Youtube beskikbaar is en ook gereeld op televisie gesien kan word.  Kuier ook gerus op www.antonbotha.com vir die nuutste nuus en inligting.

Wat jy kan verwag van ‘ n tipiese Anton Botha vertoning is vermaak vir almal.  Nie een vertoning is ooit dieselfde nie.  Anton is baie lief daarvoor om requests vanuit die gehoor te kry.  Vanweë sy ongelooflike musiekkennis was daar, tot dusver, nog niemand wat hom kon uitvang nie.
Anton se gunsteling musiek is ou rock-musiek vanuit die 80’s en 90’s.  Veral musiek van Dire Straits lê hom na aan die hart.  Hy is ook baie lief vir Afrikaanse musiek en vermaak graag gehore met sy eie oorspronklike liedjies.

ONTHOU MY - beskibaar op iTunes

Click Me

HOUSE OF THE RISING SUN - beskikbaar op iTunes

Click Me

GIGS

Vir enige navrae of meer inligting kontak: Lizel - 0764806775

VIDEOS

Die Anton Botha Band op sy beste

Tougher than the Rest

Click Me

Moeilikheid

Click Me

Groot Vuur Baie Bier

Click Me