VINNIGE FEITE OOR ANTON:

1.  Hy is gebore in Bethlehem in die Vrystaat.

2. Anton verjaar op die 11de Junie.

3.  Hy vier vanjaar 20 jaar van kitaar speel.

4.  Hy is tans besig om te leer konsertina speel.

5. Hy besit ses kitare en 'n banjo.

Jakaranda:

(Geskryf deur: Rudi Claasse)

Jakaranda in jou donker hare,

Daar's Jakaranda in jou donker oe,

Die mooiste meisie in die hele wereld,

Het my van vooraf in myself laat glo,

Ek was moeg en o, my hart was stukkend,

Niks was meer soos wat ek dit wou he,

Tot dat daar op hierdie somer Vrydag,

Die mooiste meisie in my hart kom le.

Jakaranda in jou donker hare,

Daar's Jakaranda in jou donker oe,

Die mooiste meisie in die hele wereld,

Het my van vooraf in myself laat glo,

En hey na na na na na,

En hey na na na na na,

Na na na na na na.

Superhero:

(Geskryf deur:  Anton Botha)

Ek verloor soms my kop,

En dan weet ek, ek moet stop,

Om die hele dag lank net aan jou te dink,

Al gaan ure dan verby weet ek jy is hier by my,

Want ek hou jou vas hier in my hart,

Jy is my superhero, die een wat my na die wolke dra,

Jy laat die badguys bewe, jy sit die liggie in die tonnel aan,

Jy is my superhero, die een wat my na die wolke dra,

Jy laat die badguys bewe, jy sit die liggie in die donker aan,

En dan eendag in 'n droom, weet ek jy is die persoon,

Wat die wereld saam met my gaan red,

Ek besef dan ek is mal, Superman het reeds geval,

Maar jy bly my hero, jy bly my vang,

Jy is my superhero, die een wat my na die wolke dra,

Jy laat die badguys bewe, jy sit die liggie in die tonnel aan,

Jy is my superhero, die een wat my na die wolke dra,

Jy laat die badguys bewe, jy sit die liggie in die tonnel aan,

Vlieg met my hoog bo die wolke,

Jy is my hart se ietsie besonders,

Jy is my superhero, die een wat my na die wolke dra,

Jy laat die badguys bewe, jy sit die liggie in die tonnel aan,

Jy is my superhero, die een wat my na die wolke dra,

Jy laat die badguys bewe, jy sit die liggie in die tonnel aan.

Droomland:

(Geskryf deur:  Anton Botha)

Hoe staan 'n man ooit weer op, na 'n harde val,

Jy het my die weg gewys en jy, jy maak my mal,

Jy is die laggie in my hart, die een wat ek altyd wou he,

In elke oomblik my liefling skat, die begeerte wat in my drome le

Ek sien jou in droomland vanaand,

Fluisterend saggies soos jy praat,

Ek kyk in jou oe as ek jou wil se,

Jy is alles wat ek wil liefhe, wie ek wil liefhe,

Jy het in my hart kom le en dit stukkiev vir stukkie gesteel,

Nou sal ek nooit ooit weer my liefde met iemand anders kan deel,

Jy is die laggie in my hart, die een wat ek altyd wou he,

In elke oomblik my liefling skat, die begeerte wat in my drome le,

Ek sien jou in droomland vanaand,

Fluisterend saggies soos jy praat,

Ek kyk in jou oe as jou wil se,

Jy is alles wat ek wil liefhe, wie ek wil liefhe,

Saans le ek wakker en dink net aan ons,

Saamgebinde harte wat nooit weer sal los,

Ek sien jou in droomland vannaand,

Fluisterend saggies soos jy praat,

Ek kyk in jou oe as ek jou wil se,

Jy is alles wat ek wil liefhe, wie ek wil liefhe.