Feeste en Skole Funksies

Kom ons toer die land plat!

Anton Botha toer graag die land plat en sal baie graag by elke fees in die land wil optree. Klein dorpies, groot dorpies, stasies, almal. Alhoewel dit ongelooflik lekker is om by groot feeste soos die Klein Karoo Nasionale Kunstefees, Aardklop en InniBos Kunstefees op te tree, lê die hart van ons land, en ook ONS harte by die klein dorpies in Suid-Afrika.

Anton se optredes bied verskeie opsies om by elkeen se begroting in te pas. Solo optredes, duo optredes of orkes optredes is van die opsies wat beskikbaar is

Skole funksies is ook een van die hoogtepunte in ons dagboek met optredes by Ouma en Oupa dae, gholfdae, skoleverjaarsdae, sokkies, pa en dogter danse en vele meer het, ons al by kleuterskole, laerskole en hoërskole gaan kuier. Ons kan ons eie klank en beligting verskaf, maar pas ook graag ons kwotasie aan indien daar reeds klank gereël is vir die optredes.

Jagfunksies word dan natuurlik ook hierby ingesluit. Of dit nou jy en jou pelle is, Pa en seun, of die hele gesin. Wat is dan nou lekkerder as 'n lekker akoestiese saamsing sessie langs die kampvuur na 'n lang dag in die veld'

Anton sing ’n verskeidenheid musiek vanaf oldies tot die nuutste treffers, met genres wat oorvleuel vanaf country tot Rock tot 80’s Pop. Hy sing sy eie oorspronklike Afrikaanse musiek en doen graag requests. Optrede opsies beskikbaar is solo optredes (met backtracks of akoesties), duo optredes asook band optredes. Ons kan ook 'n wye verskeidenheid gaskunstenaars vir die optrede bespreek.

In sy laerskool dae het hy alreeds saam met groot name soos Coenie de Villiers, Anneli van Rooyen en Randall Wicomb opgetree. In 2003 is Anton aangewys as een van die tien ATKV Crescendo finaliste. In 2008 word hy genomineer vir ‘n SAMA-toekenning vir die Beste Afrikaanse Pop Album vir Jakaranda en in dieselfde jaar word hy vereer met ‘n goue plaat vir sy bydrae tot die albums Country Kersfees en Country Konings 1, wat albei onderskeidelik meer as 20 000 eenhede verkoop het. Anton is in 2016 benoem as ‘n kandidaat in die kategorie vir beste Rock- album tydens die jaarlikse Ghoema- toekennings. As ‘n baie gewilde liedjieskrywer is sy musiek al deur verskeie van ons land se bekendste musieksterre opgeneem. Hy het onder andere vir Juanita du Plessis, Karen Ferreira, Thys die Bosveldklong, Wynand Strydom, Karlien Husselman en Izak Davel geskryf. Toere saam met die gewilde Robbie Wessels, Wynand Strydom en Thys die Bosveldklong het gemaak dat Anton gou in die publiek se harte ingekruip met sy see- blou oë. Resensies van Anton se musiek is al gepubliseer in tydskrifte soos Vrouekeur, Rapport, Rapport Tydskrif en nog vele meer en hy is ook al te sien op televisie programme soos Jukebox, Kwela en DKNT2 op KykNET. Anton se musiek kan gehoor word op talle radiostasies en hy het ook al verskeie top tien plekke behaal op treffersparades. “Daar is so baie nuwe genres in die plaaslike musiekmark en elke nou en dan is daar ‘n nuwe kunstenaar soos Anton Botha wat my werklik met sy musiekbeïndruk.” (Kurt Darren, Rapport Tydskrif, Bl 20, 26 November 2006). Anton spog ook met ‘n arsenaal musiek videos wat op Youtube beskikbaar is en ook gereeld op televisie gesien kan word.

Wat jy kan verwag van ‘n tipiese Anton Botha vertoning is vermaak vir almal. Nie een vertoning is ooit dieselfde nie. Anton is baie lief daarvoor om requests vanuit die gehoor te kry. Vanweë sy ongelooflike musiekkennis was daar, tot dusver, nog niemand wat hom kon uitvang nie. Anton se gunsteling musiek is ou rock-musiek vanuit die 80’s en 90’s. Veral musiek van Dire Straits lê hom na aan die hart. Hy is ook baie lief vir Afrikaanse musiek en vermaak graag gehore met sy eie oorspronklike liedjies.