Korporatiewe Vermaak

Verpersoonlike produksies vir jou maatskappy of funksie

Ons is baie trots daarop dat ons 'n spesiale, verpersoonlike vertoning vir jou kan uitwerk. Of dit nou sakpas by jou maatskappy moet pas of by die tema vir die aand of jou begroting. Ons wil graag jou eenstop-plek wees vir die ontwikkeling van 'n produksie wat mense nog maande later oor sal praat. Ons dienste sluit in:

1. Ons ontmoet met die kliënt om hulle behoefte te bepaal. Hierdie sluit in die grootte of omvang van die funksie byvoorbeeld hoeveel mense verwag word, die begroting wat beskikbaar is vir die produksie en ook hoe groot produksiespan die kliënt graag wil hê Ons beskik oor 'n groot aantal kunstenaars, musikante, dansers en ander vermaaklikheidspersoneel wat almal 'n blywende bydrae tot enige funksie bied.

2. Nadat ons die begroting bepaal het, kan ons gewoonlik voorstelle maak vir hoe groot ons die produksie kan aanbied, met ander woorde, vol orkes optrede, aantal dansers of miskien net 'n solo optrede'

3. Ontwikkeling van 'n konsep. Stap 3 van die proses het te make met die eerste stap van die kreatiewe deel van die produksie. Ons span sit saam en beplan 'n unieke konsep met behulp van 'n "mood-board". Gewoonlik kan ons by hierdie stap alreeds vir die kliënt 'n goeie idee gee van wat hulle kan verwag. Ons gee 'n gedetaileerde uitleg van die optrede, grootte van die produksiepan, tegniese behoeftes en ook musiek/liedjies wat gebruik gaan word. Ons hanteer alle aspekte van die produksie, insluitend grimering, kostuums, en props. In die geval van "Aerial" produksies sluit dit ook enige veiligheidsertifikate in.

4. Ateljee werk (Indien die produksie dit verlang). Van ons kliënte / produksies verwag "custom" tracks om by hulle temas in te skakel. Sou daar enige ateljee werk nodig wees doen ons dit inhuis.

5. Optrede dag: Ons kliënte sit terug en geniet 'n asemrowende optrede. Daar is nie 'n funksie wat te groot of te klein is nie, ons doen almal. Enige genre, enige tema.

Ons produksie span bestaan uit:

Sangers, musikante, DJ's, Dansers, Aerial Artists, Ateljee vervaardigers.

Ons kan ook "variety acts" soos vuurblasers ens. verskaf.

Privaatfunksies

Nou kyk hier ontmoet ons gewoonlik die mees interessante mense. Anton tree by ENIGE tipe funksie op.

Vermaak vir jou volgende: geboorte, doop, verjaarsdag, verlowing, troue, egskeiding, sekwestrasie, likwidasie en nou ook vetveeveilings.

Ons weet elke funksie is uniek, daarom is optredes, optrede tye, tipe optrede en kostes heeltemal aanpasbaar by jou funksie. Maak nie saak of daar 3 of 300 mense genooi is nie.