ABM Publishing en BluEyesRecords

BluEyesRecords

BluEyesRecords is jou eenstop ateljee vir die volgende:

1. Pre-Programmering : Hierdie is nie 'n volledige track wat vrygestel kan word nie. Dit is slegs 'n demo om aan ons of 'n ander ateljee voor te lê

2. Druklyste (Chord Charts)

3. Programmering (Producing): 'n Volledige "performance track" waarmee opgetree kan word. Bestaan uit : Programmeerde dromme en/of perkussie, lewendige / programmeerde baskitaar, programmeerde synt en/ of ander strykinstrumente, lewendige elektriese en akoestiese kitare. Instrumentalisasie hang natuurlik af van die tipe liedjie en word vooraf met die kliënt bespreek. Dit sluit ook in die finale meng, EQ en "pitch fixing" van enige vocals. UITGESLUIT: Agtergrondstemme en stem opname van die kunstenaar, asook enige spesialis instrumente.

4. Stem en agtergrondstem opnames.

5. Ateljee tyd kan ook per uur bespreek word

6. Demo opnames - Stem opnames teen 'n bestaande backtrack. Sluit in finale meng, EQ en "Pitch Fixing", uitgesluit addisionele stemopnames en instrumentalisasie. Let wel: dis die kliënt se verantwoordelikheid om die reproduksie- en kopieregte te onderhandel.

7. Kitaar sessies : Akoestiese- of Elektriese kitare

8. Meng en Meester : Meng van sessies sowel as die finale meester van opnames.

9. Clips en Medleys : Vir bemarkingsdoeleindes

10. Radio advertensies en jingles asook voice overs

11. Ontwerp : Ons kan help met die ontwerp van kunswerke wat gebruik kan word vir jou sosiale media, plakkate en besigheidskaartjies. Ons bied ook 'n maandelikse sosiale media pakket aan waar ons vir jou al die kunswerke verskaf vir optredes en vrystellings wat jy in jou eie tyd kan plaas.'

ABM Publishing

1. Liedjieskryf konsultasie : per uur en gewoonlik sommer via 'n video call. Jy is ook welkom om in die studio te kom kuier. Anton gee vir jou tips en tricks om jou liedjie na die volgende vlak te neem.

2. Liedjieskryf : Anton kan vir jou jou eie liedjie skryf volgens die tema en in die genre wat jy wil hê. Voorsien ons asseblief met verwysings van die sleutel waarin jy verkies om te sing asook so 2-3 liedjies waarvan jy hou.

3. Is jy 'n meester met lirieke, maar die melodie ontwyk jou? Anton skryf graag saam met ander kunstenaars. Hy kan help met die melodie of lirieke.

4. Publisering Konsultasie :Jy word toergerus met al die nodige vorms en dokumente om aansoek te doen vir lidmaatskap by SAMRO en Capasso, asook vir die registrasie van jou liedjies.

Terme en voorwaardes met betrekking tot liedjieskryf: Liedjieskryf / Songwriting : Liedjies sal voorsien word met ’n stem opname en akoesties kitaar opname. Slegs die eerste vers en koor sal voorsien word vir kliënt om die liedjie goed te keur totdat al die liedjieskryf fooie betaal is. Anton Botha behou die kopiereg

Terme en Voorwaardes : Ateljee en Publisering:

Liedjies sal voorsien word met ’n stem opname en akoesties kitaar opname. Slegs die eerste vers en koor sal voorsien word vir kliënt om die liedjie goed te keur totdat al die liedjieskryf fooie betaal is. Gee asseblief ’n aanduiding van stem sleutel. Please provide us with and indiction of vocal key. Alle “separates” sal op ’n eksterne hardeskyf (vir albums) of WeTransfer (per liedjie) verskaf word. Hou dit asseblief in ’n veilige plek. Geen kopieë sal by BluEyesRecords gehou word nie. Alle betalings streng kontant of EFT. BluEyesRecords behou die reg om alle materiaal te hou totdat alle uitstaande fooie betaal is. Geen werk sal beskikbaar gestel word vir die kliënt totdat dit gefinaliseer is nie. Betalings skedule: 50% deposito, Finale betaling voor werk aan kliënt oorhandig word. Alle rekeninge ouer as 30 dae sal 10% rente op gehef word. Geen terugbetalings. Die kliënt moet aansoek doen vir die nodige reproduksie- en kopiereg(te) vir alle materiaal nie oorspronklik deur BluEyesRecords. BluEyesRecords mag vra vir ’n afskrif van die nodige aansoeke. BluEyesRecords mag die materiaal wat produseer word vir eie bemarkingsdoeleindes gebruik

Navrae

Vir optrede, ateljee, liedjieskryf of klas navrae kontak asseblief vir Lizel 0764806775 of admin@antonbotha.com (09:00-16:00)