Persverklarings

Hier is ons mees onlangse persverklarings:

Plek hier in die Son -

Met hulle splinternuwe album Plek Hier In Die Son en die triomflied Bo Uitkom kondig die SAMA-erkende liedjieskrywer en sanger Anton Botha die koms van die somer sorgeloos aan!
Anton, wat ook treffers vir onder andere Juanita du Plessis, Izak Davel, Karen Ferreira, Karlien Husselman, David Fourie, Arno Jordaan en Wynand Strydom geskryf het, bied op dié album ‘n opwindende musiekverskeidenheid.
Anton is bekend om sy albums  Jakaranda (2007), Anton Botha Sings Smokie’s Greatest Hits (2009), The Songs We Love(2010)Alles of Niks (2012), Born to be Wild (2013) en My Grootword-liedjies: Ons Volksbesit (2014).
Die nuwe album bevat vyftien volbloedsnitte: nege Afrikaanse en ses Engelse liedjies. Elf van die nuutskeppinge is Anton Botha se oorspronklike pennevrug.
Dit is ‘n sonderlinge album met ‘n unieke aanslag, gestroop van ateljeefoefies; eerlik en organies – sónder stem- en ritmeredigering. Al die instrumente is ook lewend opgeneem. Anton Botha (hoofsanger en kitaar) word aangevul deur Riaan Diedericks (tromme) en Kuifie van Heerden en Leon Janse van Rensburg (baskitaar) en Heléne Botha (soomstem).
Met  ‘n gesonde balans tussen uitbundige rockliedjies en  bekoorlike ballades is die album die klankbaan van die somer.  Dis tyd om effens te verpoos, om asem te skep, om die skoene uit te skop, om kaalvoet te  baljaar,  om verlief te raak en om lief te wees, om saam met vriende en geliefdes te kuier, om  almal ‘n plekkie in die son te gun – én om die lewe voluit te geniet. 
Anton por aan met stuitige humor en uitbundige jolyt. Tussen dié genietinge is die snitte Groot vuur, baie bier en Moeilikheid. Tussen die toonvenstersnitte is die kragballade Alles of niks, die sielsballade 11de Planeet (oor berusting ná afskeid) en Wat jy aan my doen,  die enigste popgepoetste liefdesliedjie hierop.
Die Engelse werk hierop ontgin Anton se skryf-, vertolk- en vokale veelsydigheid. Naas sy eie opheffende komposisies – Higher, Goodbye en Destiny – vertolk hy Chris Isaak se Wicked Game en Bruce Springsteen se Tougher Than The Rest  en een van sy groot gunstelinge,  André de Villiers se Memories  eiesoortig.
Dit is Anton Botha op sy beste!  Hy sê: “Dit is nie nodig om ‘n groef te verval of om ‘n slagoffer van  omstandighede te bly nie.  Pluk jouself daaruit en hef jouself op. Die son skyn vir álmal!”
Geniet ‘n jolige goedvoelalbum!

My Grootword-liedjies, Ons Volksbesit -

My Grootword-Liedjies, Ons Volksbesit bestaan uit 16 snitte waarvan 13 keurspelle is. Die keurspelle is kreatief uiteengesit en in groepe verdeel. Beide oud en jonk sal by My Grootword-Liedjies, Ons Volksbesit aanklank vind. Vir ouma en oupa is daar  ’n Lekker Wals en Die Hartsnaar Medley en tussendeur al die prettige snitte wat daar reeds vir die jongspan is, is daar ook die alombekende lied, Gat in die grond. Daarbenewens bring hierdie album hulde aan legendes soos onder meer Anton Goosen, Laurika Rauch, Worsie Visser en Steve Hofmeyr, met keurspelle wat sommige van hul grootste treffers bevat. Die lekkerluister-lys gaan aan met Lucas Maree se Ek sou kon doen met ’n miljoen. Dis soos om deur die FAK-sangbundel te “blaai” – met die Anton Botha Band in volle swang. Die vervaardiging (deur Anton self) en instrumentspel (deur lede van die Anton Botha Band) is uitstekend. Die kers op die koek is verdere instrumentspel deur gerespekteerde musikante soos Ricus Nel en Marie-Louise Pretorius (van Klopjag). Afrikaanse verskeidenheid is aan die orde van die dag op hierdie album. Liedjies wat jy al vergeet het - daai wat jou aan jou kinderdae sal laat terugdink - is op hul béste op My Grootword-Liedjies, Ons Volksbesit te hoor.

 

I'll be your Substitute-

The Anton Botha Band presents I'll be your substitute: We are all familiar with the popular show “Battle of the Sexes”, now we bring you the next level: I'll be your substitute. We challenge all the men to sing songs made famous by women and vice versa. We boast Tina Turner taking on Bryan Adams, Queen vs. Joan Jett. The audience will have the opportunity to hear Anton Botha take on songs made famous by Pink, Miley Cyrus, Adele, Clout, the Cranberries and Lady Gaga. Is the true value of the song the music or the vocals? You decide.

Born to be Wild -

Die Anton Botha Band toer tans die land met Born to be Wild.  Hierdie album skep die geleentheid vir al die “closet rockers” om hulle staal te wys.  Snitte soos Cocaine (JJ Cale), Gimme all your Lovin’ (ZZ Top) en Fat Bottom Girls (Queen) sal verseker dat jy die hele aand sal saam sing, “air-guitar” speel en saam dans.  Die Anton Botha Band maak seker om hulle eie unieke afdruk op hierdie legendes se musiek te plaas.  Dit neem die gehoor op 'n reis na 'n vergete tyd,  'n tyd van inry-fliek en die gebrul van V8-enjins.  Met drie opeenvolgende suksesvolle vertonings by die Barnyard Teater in Vereeniging bewys dit net weer in watter klas hierdie vertoning val.

Artikels in die Nuus:

Nuutste Vrystellings:

ONTHOU MY - beskibaar op iTunes

Click Me

HOUSE OF THE RISING SUN - beskikbaar op iTunes

Click Me

VIDEOS

Die Anton Botha Band op sy beste

Tougher than the Rest

Click Me

Moeilikheid

Click Me

Groot Vuur Baie Bier

Click Me