Anton Botha is vanjaar genomineer vir ‘n SAMA toekenning vir die beste Afrikaanse Pop Album. Dit kom as geen verassing nie; aangesien hierdie jong man vele talente het.
Anton is ‘n veelsydige kunstenaar wat Suid-Afrika omgekeer het met treffers soos: “Jakaranda”, “Asseblief asseblief” en “Superhero”. Hy is ook bekend vir sy parmantige Afrikaanse keurspelle, waar hy Rock&Roll legends kombineer met ou afrikaanse gunstelinge. Die man is die bewys dat harde werk beloon word en mens nooit moet ophou droom nie. Hy is ‘n kranige liedjieskrywer en sanger, en bespeel ‘n groot verskeidenheid instrumente.
Onder die vaandel van Fantasia Musiek het sy album “Jakaranda” reuse sukses behaal. Toere saam met die gewilde Robbie Wessels en Wynand Strydom het Anton aan die land bekendgestel. Daarna het die topverkoper DVD’s van Thys die Bosveldklong gevolg en Anton se verskyning het hom as bekende in ons land se musiekkringe gevestig.
Anton het alreeds vanaf 2006 by so te sê al die skoue en feeste in ons land gaan kuier. Hy het voorwaar die hele land deur getoer, met optredes wat strek vanaf die Piketberg blommeskou en Calvinia vleisfees in die Kaap deur die Vrystaat by die Kersiefees op Ficksburg tot die Aartappelfees op Vivo in Limpopo provinsie.
Resensies van Anton se werke is dan ook in menigte publikasies geplaas. Die publikasies sluit in: Vrouekeur, Rapport, Rapport Tydskrif, Krayzee, Eastern en nog vele meer.
“Daar is so baie nuwe genres in die plaaslike musiekmark en elke nou en dan is daar ‘n nuwe kunstenaar soos Anton Botha wat my werklik met sy musiek beïndruk.” (Kurt Darren, Rapport Tydskrif, Bl 20,
Anton het selfs al ‘n draai op DKNT gemaak en sy musiekvideo word gereeld op MK uitgesaai.
Kinders is ook gaande oor Anton se musiek en doen hy gereeld vertonings by skole.
Verder skroom Anton nie om homself by liefdadigheidsfunksies deel te maak nie. Hy poog om nie minder as 5 sulke funksies per jaar te doen. Sulke funksies sluit in: Die Jaarlikse Silverton Tannery uitreikfunksie en funksies vir die Rooikruiskinderhospitaal.
Kyk gerus uit vir Anton se album, Jakaranda, wat nou in alle goeie musiekwinkels beskikbaar is.
Wie is Anton……
Gebore in
As ‘n baie gewilde liedjie skrywer, is sy musiek al deur verskeie van ons bekende musieksterre opgeneem. Dink aan Adijy Adijo deur Juanita du Plessis (Bly by my), die titelsnit en verskeie ander snitte op Karen Ferreira se album getiteld “Altyd joune”. Asook die albums van Thys die Bosveldklong (Vet pret) en Wynand Strydom (Pamperlang). Hy is dan ook verantwoordelik vir die meeste van die skryfwerk op sy eie albums.
As kustenaar neem hy in 2005 nie minder as 12 liedjies op verskeiedenheids-albums soos onder andere Skop, Kliphard en Country Opskop op. Anton het ook so te sê al die akoestiese kitaar werk vir hierdie albums gedoen.
Met sy oorspronklike werke vol ritme en harmonie is hierdie beslis ‘n jong man wat oud en jonk se voete laat wip en heupe laat swaai, op die maat van sy op-en-wakker musiek. Anton is ook ‘n groot aanhanger van ou legendes soos Dire Straits en CCR en werk dit graag ook in sy repertoire in.


